Fotogallery

“As ‘n ouer is dit ons plig om die beste vir jou kinders te probeer gee en om ‘n skool te kies is geen maklike taak nie. Dit is maar altyd ‘n morsige storie, maak nie saak hoe oud of jonk jou kind mag wees nie. Daar is so baie aspekte om in gedagte te hou. Daar is so baie vrae wat gevra moet word!! Arbor het dit maklik en moontlik gemaak om hierdie proses in my en my kinders se lewe “smooth sailing” deur te sien. Arbor het absoluut my kinders se lewens verander! Ek kon hulle nie vinnig genoeg inskryf nie! Fenominale onderwysers, ‘n ongelooflike speelgrond en klaskamers en aktiwiteite wat enige kind se hart sal laat bokspring! Natuurlik is dit nie die enigste goed van Arbor wat hierdie ma se hart gerus laat voel nie, my kinders was en is BAIE gelukkig by Arbor en dit is alles te danke aan die moeite en liefde watArbor personeel aan my kinders bestee.
As jy ‘n skool soek wat jou kind se uniekheid kan raak sien, kan bou op hulle sterk en swak punte en jou kind se beste belange in ag neem is hierdie skool vir jou!
As ‘n ma van ‘n handjievol kinders kan ek belowe dat jy nie ‘n fout sal maak om Arbor te kies nie.” – Uit ‘n Ouerhart