Wie is
Arbor Fairland Pre-Primêr is ‘n Christelike, Afrikaanse kleuterskool geleë in Fairland, oorkant die gewilde Laerskool Fairland. Arbor het sy ontstaan in 2001 gehad. Ons maak voorsiening vir kleuters vanaf 3 maande tot 6 jaar. Arbor is ‘n familie, ‘n tweede huis vir jul kleuters waar ons harte deel en mekaar lief het. Hier speel ons nie net saam nie, ons leer ook saam. Arbor is ‘n plek waar al die kleuters spesiaal, uniek en IEMAND is. Arbor is die skool waar kleuters kleintyd ontwikkel en groei, hul takkies versprei en uiteindelik saad skiet waarop almal trots is.
Ons bied ‘n halfdag en voldag program aan. Arbor is ook vakansies oop, en bied vakansieskool aan. Al Arbor se personeel is gekwalifiseerde onderwyseresse en almal beskik oor ten minste vier jaar opleiding aan ‘n tersiêre instansie. Assistente in peuterklasse is opgelei in basiese kleutervaardighede en noodhulp. Daar is ‘n groot speelterrein met pragtige skadubome, groentetuin, fietsiebaan, pophuis, sandput en grasperk.
Daagliks word daar ‘n verskeidenheid sand-, water- en wielspeelgoed sowel as houtwerk gedoen onder toesig van personeel.
Daar is geleentheid vir balspeletjies, pophuis, tentedorp, kasteel en fantasiespel.
Apparate van hoogstaande gehalte sowel as ‘n boomhuis bied geleentheid vir klim, klouter, gly en swaai.
Arbor Fairland Pre-Primêr se sekuriteit-sisteem is gekoppel aan ‘n 24 uur gewapende reaksie-eenheid. Kameras op speelterrein en parkeerarea is aangebring. Toesig is daagliks (oggende en middae) beskikbaar by die ingang tydens aankoms- en afhaaltye.
Die dienste van ‘n spelterapeut, arbeidsterapeut, spraakterapeut, opvoedkundige sielkundige en kinderkintekus is beskikbaar op die perseel.
Navrae in die kantoor.
Ons bied ‘n omvattende program wat
- Kinders lief sal maak vir leer in ‘n stimulerende en liefdevolle omgewing
- Elke kind as ‘n individu met unieke behoeftes en ‘n eie persoonlikheid erken
- Kleuters volgens Christelike waardes voorberei – nie uitsluitlik vir skool nie, maar ook in terme van lewensvaardighede
- Kleuters kognitief, sosiaal, fisies en emosioneel ondersteun en voorberei
- ‘n Aanpassingsverslag word aan die begin van die jaar uitgereik.
- Twee vorderingsverslae word deur die loop van die jaar aan ouers gestuur.
Ouers is verseker van
- die hoogste opvoedkundige standaarde
- ‘n bekwame en effektiewe personeelkorps
- ‘n uitstekende, omvattende program wat fokus op die algehele ontwikkeling van die kleuter.
Oud-Arbor leerders: ONS TROTS!
- akademiese Top Presteerders
- hoofleiers van hul laer-en hoërskole
- beklee suksesvolle professionele beroepe
- uitblinkers op kulturele gebiede
- nasionale en internasionale sportsterre
- suksesvolle sakelui en industrie leiers
Ontmoet ons Eienares – Carina Botha
‘n Plaaskind uit die Karoo
Ek is gebore en getoë in Burgersdorp.
Ek verwerf my onderwyskwalifikasie aan die Universiteit van Port Elizabeth.
Daarna is ek terug na my alma mater, Laerskool Burgersdorp, waar ek vir ‘n rukkie skoolgehou het.
Na verskeie ander avonture het ek in 2002 by Arbor begin skoolhou en 1 Oktober 2003 het ek die skool oorgeneem.
Hier kan ek daagliks my kreatiwiteit, passie en entoesiasme vir kinders en onderrig uitleef.
My hart vir die skool is dat Arbor fokus op Christelike waardes, onvoorwaardelike liefde, positiwiteit, aanmoediging en ‘n aangename, gemaklike, veilige en liefdevolle leeromgewing.
Ontmoet ons Hoof – Lynda Botes
Juffrou Lynda het in 1978 gematrikuleer. In 1982 het sy afstudeer by die Goudstad Onderwyskollege.
Juffrou Lynda het vir 18 jaar by Fontainbleu Pre-Primêr skoolgehou.
Vanaf 2001 is Juffrou Lynda hoof by Arbor Fairland Pre-Primêr. Sy is nog net so entoesiasties en passievol soos die eerste dag.
Administratiewe Personeel
Carné Botha
Finansies, Troetelbos – Nasorg & Tuiswerk
Francis Fourie
Sekretaresse
“Arbor is nie net ‘n kleuterskool nie, dis huis. Elke Engel van ‘n assistent soos ons kindertjies se tweede mamma, en elke juffrou ‘n Hartsmens wat uit liefde en met passie help skaaf en bou aan elke kleuter se menswees! Ligdraers van hoop en gerusstelling wanneer ouerharte moeg is of twyfel, bewaarders van klein mensies wat op ‘n veilige liefdevolle plek kan leer van Leef en Lag en net Kind wéés! Hier trap ons diep spore in mekaar se lewe en smee ons vriendskappe vir beide kinders en ouers wat ons ‘n leeftyd bybly! Genade en seën groei hier in oorvloed saam elke asempie wat hier deurstap”
-Uit ‘n Ouerhart –