Nasorg & Tuiswerk
Troetelbos is Arbor se nasorg-en tuiswerksentrum onder leiding van Carné Botha (gekwalifiseerde remediërende onderwyseres, Bed Hons).
Graad R – 7 leerders word daagliks by Laerskool Fairland gehaal.
Ons voorsien ‘n gebalanseerde middagete wat deur ‘n dieëtkundige uitgewerk is wanneer hulle by die skool aankom. Hulle kry ook later ‘n versnappering.
3maande tot 6 jaar
Graad R tot Graad 7
Nasorg en Tuiswerk: Carné Botha
Nasorg Juniors: Debbie Kotzé
Nasorg Juniors: Nicolene Riekert
Nasorg Seniors: Melissa Cloete
Kontak ons vir navrae
“Om die perfekte skool te soek vir ons kinders is een van die belangrikste keuses wat ouers moet maak. As jy Arbor Fairland kies hoef jy glad nie verder te soek nie. Nie net is die onderrig puik nie, maar die juffrouens belê in jou kinders. As ‘n werkende ma maak dit die las soveel ligter om te weet jou kind spandeer tyd saam met mense wat vir hulle amper net so lief is soos wat jy is vir hulle. Die Engelse gesegde sê: “It takes avillage to raise a child.”Vir ons as ouers is ons bevoorreg om in die hartjie van Johannesburg ons “village”Arbor Fairland te noem. Ek kan met ‘n vrymoedige hart en opgewonde kinders hulle elke oggend gaan aflaai. Arbor is ‘n seëning in my huishouding.” – Uit ‘n Ouerhart